Voortrekkers bewaar kultuurhistoriese erfenisse in Kimberley

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Die jeug vorm ‘n belangrike deel van die toekoms en daarom sien die Voortrekkers dit as hulle taak om kultuurhistoriese erfenisse vir hulle nageslagte agter te laat

“Die onlangse skoonmaakprojek is deur die Danie Theron Rapportryers van Kimberley gekoördineer en lede van die Voortrekkers, Landsdiens en Afriforumjeug het aan die projek deelgeneem. Die doel met die projek is om kultuurhistoriese erfenisse soos monumente en gedenkwaardighede te onderhou en vir die nageslag te bewaar.

Volgens Marius Nagel, voorsitter van Danie Theron Rapportryerkorps, het al die betrokke organisasies die bewaring van ons land se erfenis as ‘n prioriteit en beywer hulle om kultuurerfenisterreine in stand te hou. Kultuurerfenisterreine speel ‘n belangrike rol in die vorming van die jeug se identiteit en herinner aan die herkoms en geskiedenis van die omgewing.

“Op 31 Julie 2021 het 33 verteenwoordigers van die organisasies en lede van die publiek die Konsentrasiekamp Monument by Hertzogplein en die Herdenkingsmonument by die Weseinde-begraafplaas in Kimberley skoongemaak. Die volgende skoonmaak- en instandhoudingsprojek is op 21 Augustus 2021 by die Burgermonument te Magersfontein.”

Marius vertel die verrigtinge begin om 09:00 en voorligting oor die Slag van Magersfontein sal na afloop van die skoonmaakaksie gelewer word. Lede van die publiek is ook welkom om by die aksie betrokke te raak.

LEES OOK: Shaine Griqua Advies- en ontwikkelingsentrum maak hul harte oop

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.