Nege van Suid-Afrika se universiteite is op Shanghai Ranking Consultancy Academic Ranking of World Universities (ARWU) se lys van top- 1 000 universiteite in die wêreld.
Suid-Afrika se universiteite blink uit
Volgens The good things guy is Universiteit Stellenbosch en die Universiteit van Pretoria onder die top- 500 universiteite in die wêreld.
UCT (Universiteit van Kaapstad) is onder die top 50 vir omgewingskunde en ingenieurswese asook oseanografie.
Die Universiteit van die Witwatersrand is onder die top 100 vir mynbou, minerale ingenieurswese en openbare gesondheid.
Die Universiteit van Johannesburg beklee die 18de plek vir die sektore hospitaliteit en toerismebestuur, die hoogste posisie in die land.
Die Universiteit van KwaZulu Natal, die Universiteit van Suid-Afrika, die Universiteit van die Vrystaat en die Noordwes-universiteit is die vier ander betroubare universiteite wat die ranglys gehaal het.
Harvard-universiteit in Noord-Amerika is die nommer een universiteit op hierdie lys.
Lees ook: Matrikulant Silje Fredericks van Hoërskool Noord-Kaap



