Die polisie het vroeg vanoggend twee verdagtes in hegtenis geneem na hulle glo in die besit van vermoedelik gesteelde goedere betrap is.
Die polisie het die verdagtes afgetrek en gevra om hulle bakkie te deursoek.
Hulle het op verskeie LG-produkte afgekom en die verdagtes ondervra oor waar hulle die produkte gekry het. Hulle kon nie ‘n verduideliking gee nie en hulle is in hegtenis geneem.
Die verdagtes, ‘n man en ‘n vrou, is na die Phoenix-polisiestasie geneem. Beide is aangekla van die besit van vermoedelik gesteelde goedere en sal Maandag in die hof verskyn.
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



