ENGELAND. – ‘n Swart kat met die naam Piran word geprys nadat hy die lewe van sy 83-jarige eienaar van Cornwall gered het. Hy het sy bejaarde eienaar se lewe gered deur ‘n soek- en reddingspan na haar toe te lei. Die bejaarde vrou het ongeveer 70 voet van ‘n baie steil wal afgeval, in ‘n gebied met ongelooflike moeilike toegang en ongelyke terrein.
Volgens The Good Things Guy het Piran die aandag van ‘n buurman getrek toe hy aanhou miaau het naby die plek waar sy eienaar verdwyn het.
Piran red sy eienaar se lewe deur aan te hou miaau
Die Cornwallse brand- en reddingsdiens sê beamptes het opdrag ontvang om na ‘n 83-jarige vrou te soek. ‘n Gemeenskapslid het die bejaarde vrou se kat gesien miaau in die hoek van ‘n groot mielieland naby haar huisadres en die vrou daar raakgesien. Die bejaarde vrou is gered en in ‘n stabiele toestand na ‘n hospitaal geneem.
Die bejaarde vrou is aan die herstel, terwyl Piran deur die dorp se inwoners geprys word.
Lees ook: Tweelingseuntjies sterf in brand wat woning in agterplaas verwoes



