Kampsbaai-polisie vra inligting oor ongeluk wat lewe eis

Deel hierdie storie / Share this story

KAAPSTAD. – Die Kampsbaai-polisie vra inligting rakende ‘n ongeluk waartydens ‘n 24-jarige vrou Saterdag haar lewe verloor het. Die polisie is tans nog besig om die voorval te ondersoek en kan nog nie bevestig of daar vuilspel vermoed word of nie.

Volgens Maroela Media het die ongeluk Saterdag om 22:30 plaasgevind. Ao. Joseph Swartbooi sê die ongeluk het in Victoriaweg in Bakhoven gebeur. Die vrou het glo met haar BMW gery toe sy beheer oor die voertuig verloor het en in ‘n rots langs die pad vasgery het. Die vrou is op die toneel dood verklaar.

Die Kampsbaai-polisie vra inligting oor die ongeluk wat die vrou se lewe geëis het

Vêrder sê ao. Swartbooi ‘n nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van die vrou se dood te bepaal. “Geen bespiegelinge kan gemaak word nie.”

Die polisie vra dat enigiemand wat inligting oor die ongeluk het asseblief vir sers. Jerome Matthews by 081 432 61520 skakel.

Lees ook: Man lewenslank gevonnis na gyselaarsdrama