Hier is ‘n maklike en vinnige resep vir tuisgemaakte mosterd. Dis heerlik saam met enige kouevleis.
Bestanddele:
4 e mosterdpoeier (English Mustard)
1 t borrie
1 blik kondensmelk
3/4 koppie witasyn
Metode:
Meng mosterdpoeier en borrie met ‘n bietjie melk tot ‘n pasta vorm. Gooi dan die witasyn stadig by en roer heeltyd. Voeg die blik kondensmelk by en roer goed tot baie dik. Hou in die yskas. Geniet! – Norma Nel



