Man lewenslank gevonnis na gyselaarsdrama

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Man (35) wat vier jaar gelede by ‘n gyselaarsdrama in Kaapstad betrokke was, is vandag tot lewenslank plus 25 jaar tronkstraf in die hooggeregshof gevonnis.

Mzimasi Marasha het Patrick Castle, ‘n Tactical Response-lid, tydens ‘n poging tot roof van SASSA-gelde doodgeskiet.

Marasha is vroeër aan vyf aanklagte insluitend moord en roof skuldig bevind.

Tien persone is as gyselaars aangehou terwyl Castle en sy kollegas saam met die polisie gewerk het om die gyselaars te bevry.

Regter Derek Wille het gesê Marasha het geen berou getoon nie en as hy nie op daardie dag raakgeskiet en gewond is nie, sou hy met dieselfde tipe misdade aangegaan het.