Bobby en Karlien van Jaarsveld se ma, Ronel Brink, is uiteindelik ontslaan ná sy 23 dae in die hospitaal in KwaZulu-Natal met Covid-19 opgeneem was.
Bobby het Donderdag ‘n video op sy Facebook-blad gedeel van sy ma wat by die hospitaal in ‘n rolstoel uitgestoot word.
Bobby en sy vrou, Annatjie, en hulle drie kinders het Ronel by die deur van die hospitaal ingewag en was vreeslik bly om haar te sien.
Ronel het op Instagram geskryf dat sy die Here dank vir “die grootste geskenk ooit”. “Dankie my Here en my God. Ek eer U.”



