“Binne 48 uur was ek plat, swak suurstoftellings, kouekoors, hoë temperature, nierpyn, duiseligheid, hoes.”
Só skryf die bekende en gewilde sanger Steve Hofmeyr Maandag op sy Facebook-blad ná hy positief getoets het vir Covid-19.
“Saterdagaand het ek liters water oor my bed uitgegooi en daarin gaan lê net om my temperatuur onder 38° te kry. Dis ‘n woelige siekte dié. Ek ken dit nie.”
Hofmeyr sê hy ontvang goeie ondersteuning van sy vrou en hy waardeer die duisende boodskappies van bemoediging wat hy ontvang.
Die sanger Bobby van Jaarsveld het ook onlangs positief getoets vir die virus. Lees meer hier.



