‘n Boer van Hopetown in die Noord-Kaap is steeds in ‘n ernstige toestand in die hospitaal nadat hy in ‘n motorongeluk betrokke was.
Dissie Kruger (67) was Sondagmiddag naby Hopetown in ‘n ongeluk met ‘n vragmotor.
Denise Coetzee, woordvoerder vir die Mediclinic Gariep, sê Kruger het veelvuldige beserings opgedoen en is aan ‘n ventilator gekoppel. “Sy toestand is ernstig, maar stabiel.”



