Man kritiek in hospitaal ná ontploffing in sy woonstel

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Man (38) van Tzaneen is met kritieke wonde in die hospitaal opgeneem na ‘n ontploffing in sy woonstel.

Ross Campbell, woordvoerder vir ER24, het gesê paramedici is Maandag om 12:00 na die woonstel uitgeroep en toe hulle op die toneel aankom, het hulle die man buite sy woonstel gekry.

Die man se hele liggaam was erg gebrand. Sy bure kon hom betyds uit sy brandende woonstel red.

Die oorsaak van die ontploffing is nog nie bekend nie.