Nieu-Seeland is terug op inperkingvlak 4.
Jacinda Ardern, premier, het Dinsdag aangekondig die land het sy eerste Covid-19-geval sedert Februarie vanjaar.
Sy het die land vir drie dae ingeperk en Auckland vir sewe dae. Sy sê dis beter om hoog te begin en dan die inperking te lig, as om te laat te begin. Alle Nieu-Seelanders moet, volgens Ardern, in ‘n “borrel” bly.



