FLORIDA. – ’n Jong ma (21) is Woensdag oorlede nadat haar kleuter haar per ongeluk tydens ’n Zoom-oproep in die kop geskiet het.
Die ma se kollega het die polisie ontbied toe sy tydens die oproep ’n harde slag gehoor het en gesien het hoe die ma val.
Paramedici het na die toneel gehaas en die ma probeer bybring, maar sy het aan die skietwond beswyk.
Volgens owerhede het die ma se twee kleuters die gelaaide wapen, wat glo aan hulle pa behoort, in die woonstel ontdek.
Die polisieondersoek duur voort en daar is nog onsekerheid of daar ’n saak teen die pa aanhangig gemaak gaan word.
LEES OOK: Die poppekastannie sê alle vrouens is sterk en uniek



