PRETORIA. – Mense van oral kom vandag by die Uniegebou in Pretoria bymekaar vir ‘n gebedsdag om vir die boere van Suid-Afrika te bid.
Kallie Roux, van Unite Against Farm Murders and Attacks, sê die mense kom Saterdagoggend 10:00 by Builders Warehouse Zambezi in Montana bymekaar. Van daar sal die voertuie met vlae en plakkate vertek. Die groep sal dan stadig deur die strate beweeg tot by die Uniegebou. Die gebedsdag sal amptelik om 11:30 begin. Na die gebed sal die groep die Onse Vader met begeleiding saamsing.
Kyk die regstreekse uitsending daarvan by Unite Against Farm Murders and Attacks








Foto’s: Unite Against Farm Murders and Attacks



