KIMBERLEY. – ’n Huis wat al vir maande lank in Conradstraat, Newpark, leegstaan, veroorsaak probleme vir inwoners van die gebied.
LEES OOK: Lewenslank vir verkragting van 12-jarige
Leë huis word geteiken
Marie Coban, wat ook in Conradstraat woon, sê die leë huis het ’n teiken geword vir mense wat dit afbreek.
“Ons het in die week een oggend net ’n harde slag van daar hoor kom. Kwart voor ses toe begin iemand vuurmaak in die huis.”
Nie net word die huis stuk-stuk afgebreek en weggedra nie, dit veroorsaak ook ongerief en onveiligheid vir inwoners van die straat.
Volgens inwoners wend die eienaar van die huis nie ’n poging aan om dit te beveilig nie.
LEES OOK: REGSTREEKS: Gebedsdag vir Suid-Afrika se boere
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.







