Drie vrouens dood in ongeluk op N12

Deel hierdie storie / Share this story

GAUTENG. – Drie vrouens is dood en nog een het ernstige beserings opgedoen toe die motor waarin hulle gery het, verskeie kere langs die N12 naby die Nancefield-brug in Lenasia gerol het.

Drie vrouens gisteraand dood

Arrive Alive berig kort na 19:00 Saterdagaand het ER24-paramedici en ander dienste op die toneel aangekom, waar hulle die motor op sy sy in die middel van die snelweg gevind het. Drie vroue het noodlottige beserings gehad. Hulle is op die toneel dood verklaar.

‘n Vierde vrou is met ernstige beserings aangetref en is later deur ER24 na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal geneem. Die presiese omstandighede van hierdie voorval is nog nie bekend nie. Die polisiondersoek die voorval.

LEES OOK: Familie van vyf dood op Toekoms-plaas aangetref

LEES OOK: Fratsongeluk toe pa per ongeluk seun (3) op plaas doodry

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.