Só lyk die nuwe kabinet

Deel hierdie storie / Share this story

SUID-AFRIKA. – President Cyril Ramaphosa het gisteraand die veranderinge aan die kabinet aangekondig.

Die kabinet lyk soos volg:

  • Zwelini Mkhize, voormalige minister van gesondheid, het ure voor die president se toespraak bedank. Joe Phaahla is die nuwe minister van gesondheid.
  • Sibongiseni Dhlomo is die nuwe adjunkminister van gesondheid.
  • Tito Mboweni, minister van finansies, het ook bedank. Enoch Godongwana is nou die nuwe minister van finansies.
  • Nkosazana Dlamini-Zuma is steeds die minister van samewerkende regering en tradisionele sake.
  • Angie Motshekga is steeds minister van basiese onderwys.
  • Mondli Gungubele is die nuwe minister in die presidensie.
  • Bheki Cele bly steeds die minister van die polisiediens.
  • Thandi Modise is die nuwe minister van verdediging.
  • Khumbudzo Ntshavehni is die minister van kommunikasie en digitale tegnologie.
  • Mmamoloko Kubayi-Ngubane is die nuwe minister van menslike nedersettings.
  • Ayanda Dlodlo is die nuwe minister van staatsdiens en administrasie.
  • Stella Ndabeni-Abrahams is die nuwe minister van kleinsake-ontwikkeling.
  • Lindiwe Sisiulu is die n nuwe minister van toerisme.
  • Senzo Mchunu is die nuwe minister van water en sanitasie.

LEES OOK: Video waarin beamptes meisie hardhandig hanteer, word ondersoek

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.