Meisie glo R30 en tee aangebied na beweerde verkragting

Deel hierdie storie / Share this story

NAMIBIË. – ‘n Meisie (15) is na bewering deur ‘n man (61) verkrag waarna sy glo N$30 (R30.18) en tee aangebied is sodat sy moet stilbly.

The Namibian berig die graad 9-leerling skryf in haar dagboek dat die man haar een Saterdagaand in Maart vanjaar in ‘n dorpie naby Endola in die Ohangwena-streek verkrag het. Volgens die meisie se ma het die meisie ander kinders van die beweerde verkragting vertel en deur hulle het sy ook daarvan verneem.

Meisie glo geld aangebied om stil te bly

Sy het op haar beurt die voorval by die polisie aangemeld en die man is op 14 Julie in hegtenis geneem, maar is twee dae later deur die hof vrygelaat omdat hy ‘n hartprobleem het. Die verdagte was glo veronderstel om vir ‘n operasie te gaan.

Die ma het aan The Namibian vertel haar dogter het selfdoodneigings en het intussen ‘n berader gaan sien. Die ma se grootste vrees is dat só ‘n voorval weer sal gebeur.

LEES OOK: Drostdy-seun dood in koshuisbed gevind

LEES OOK: Verdagte verskyn na Jaco Geldenhuys se liggaam gevind is

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.