Dom Gorske van Wisconsin eet vir die afgelope byna 50 jaar daagliks twee Big Mac-hamburgers van McDonald’s en volgens sy dokter skort daar niks met sy gesondheid nie.
Gorske het op 17 Mei 1972 vir die eerste maal ‘n Big Mac-hamburger geëet en omdat hy bly by dit waarvan hy hou en nie sommer nuwe goed probeer nie, het hy net daar en dan besluit dat dit is wat hy vir die res van sy lewe wil eet.
Mediese rekords dui daarop dat Gorske se gesondheid nog in ‘n goeie toestand is en dat sy cholesterolvlakke vir jare normaal is.
Alhoewel cholesterol nie die enigste manier is om vas te stel of iemand gesond is nie, is Gorske nog op 64-jarige ouderdom gesond en aan die gang en beplan hy nie om binnekort op te hou om Big Mac-burgers te eet nie.
Gorske het die Guiness-wêreldrekord gebreek vir die meeste Big Mac-hamburgers in ‘n leeftyd geëet. Hy hou die kartonboksies waarin die burgers verpak word en het al meer as 37 000 gebêre.
Lees ook: Vier beseer in tromp-op botsing
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



