Ma (46) skiet glo haar seun dood tydens bakleiery oor selfoon

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie ondersoek tans ‘n saak van moord en besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen ná ‘n 45-jarige ma glo haar seun Donderdagmiddag om 13:00 in Slovo Park- informele nedersetting doodgeskiet het.

Volgens kapt. Nkosikho Mzuku, polisiewoordvoerder, het die 24-jarige oorledene na bewering in ‘n bakleiery met sy ma betrokke geraak na sy hom daarvan beskuldig het dat hy haar selfoon gesteel het.

Hulle het baklei en hy het haar met ‘n wielsleutel begin aanrand. Sy het haar kêrel se geweer gegryp en hom toe na bewering doodgeskiet.

Die omstandighede rondom die voorval word ondersoek.

Die verdagte verskyn binnekort in die Mdantsane-landdroshof.

Lees ook: Vier beseer in tromp-op botsing

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.