KYK: EFF-optog in Phoenix oor ‘rassemoord op swart mense’

Deel hierdie storie / Share this story

DURBAN. – EFF-lede het vanoggend in Phoenix opgedaag vir ‘n optog “teen rassistiese Indiërs wat hulself gesag oor die lewens van swartmense gee.”

Tydens die optog het die lede na die polisiestasie geloop waar hulle die ingehegtenisneming van dié wat mense se dood tydens die Phoenix-protesaksie verlede maand veroorsaak het, geëis het. Minstens 36 mense het verlede maand hulle lewens tydens die plundergeweld verloor.

“Wat ons hoop om te bereik, is om te verseker dat ons die polisie herinner aan hul grondwetlike mandaat en hul grondwetlike plig. Hulle is daar om die burgers van die land te beskerm. Ons is daar om die polisie te vertel om na Phoenix te gaan en al die onwettige vuurwapens terug te neem,” sê Mazwi Blose, woordvoerder van EFF eThekwini, aan SABC News.

LEES OOK: Huis Herfsblaar-atreeoord – spanning loop hoog

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.