Daar is niks so lekker soos ‘n bakkie romerige sampioensop op ‘n koue wintersaand nie…
Bestanddele:
1 pakkie knopiesampioene – met ‘n droë vadoek skoongevee, fyn gesnipper, en in botter gebraai
3 e koekmeel
6 e botter
Koppie volroommelk
Koppie hoenderaftreksel
125 ml room
Sout
Growwe gemaalde swartpeper
Vars suurlemoensap
Metode:
In ‘n kastrol, smelt die botter oor medium hitte. Voeg meel by, terwyl jy dit met ‘n vurk klits totdat dit ‘n pasta maak en ‘n egalige tekstuur is. Voeg hoenderaftreksel bietjie-bietjie by terwyl jy aanhoudend roer. Bring tot kookpunt. Gooi die melk by, roer aanhoudend en bring weer tot kookpunt. Gooi gebraaide sampioene (hou bietjie eenkant vir garnering) en suurlemoensap na smaak by. Maak toe met deksel en laat baie stadig kook vir paar minute. Gooi houertjie room in, geur met sout en swart peper. Bedien dadelik met oorblywende gebraaide sampioene bo-op.



