Drie verdagtes in hegtenis oor hulle glo roof, ontvoer en kaap

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie het Dinsdag drie verdagtes in hegtenis geneem na hulle inligting ontvang het van dié mans wat vermoedelik by rooftogte, ontvoering en kapings in Gauteng betrokke was.

Kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder, sê daar is aan die polisie rapporteer dat die mans in ‘n voertuig met ‘n gekloonde registrasienommer van Gauteng na KwaZulu-Natal op pad is.

‘n Span van verskeie eenhede van die polisie is na die Mooirivier-tolplaza ontplooi. Die polisie het die voertuig se pad blokkeer en die die voertuig deursoek.

“Ondersoek wat op die toneel gedoen is, het gedui daarop dat die voertuig in Gauteng gesteel is. Drie verdagtes van 25 en 29 jaar oud is in hegtenis geneem op aanklag van die besit van gesteelde goedere.”

Die verdagtes verskyn vandag in die Mooirivier-landdroshof.

Lees ook: Nuutste Covid-19-syfers in SA

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.