September 16, 2021

Rioolwater stroom in by erf in Petrusstraat

Rioolwater stroom in by erf in Petrus Straat

Rioolwater stroom in by erf in Petrus Straat

KIMBERLEY. -Marlene Potgieter, woonagtig in Petrusstraat Hillcrest, is al moedeloos oor die rioolwater wat vanaf ‘n ander erf na haar erf stroom.

Daar word vermoed die rioolpype is verstop wat veroorsak dat die rioolwater al die afgelope twee dae Potgieter se erf oorstroom. FiND iT het navraag by die Sol Plaatje-munisipalitiet gedoen. Volgens Sello Matsie, woordvoerder van die munisipaliteit, is daar gister na die situasie gaan kyk.

Nog moedeloos oor rioolwater

Potgieter het bevestig die munisipaliteit was daar, maar sy sê die water is slegs dreineer en geen ander werk is gedoen nie. Sy bly nou twee maande in die huis en dit is die eerste keer wat dit met haar gebeur.

Verskeie ander inwoners van Petrusstraat het ook al verskeie kere oor die dreineringsituasie in die area gekla. Twee jaar gelede, toe die probleem drasties vererger het, het Matsie gesê die geld vir die herstel van die pompstasie is nog nie bekom nie.

LEES OOK: Rioolprobleem in Petrusstraat duur voort

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *