Polisie op soek na vermiste man (41)

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie in Walmer doen ‘n beroep op die gemeenskap om te help om ‘n 41-jarige man wat sedert Januarie vanjaar vermis is, op te spoor.

Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, sê Melikhaya Tambuza is laas in Januarie vanjaar deur sy familie gesien toe hy in Mainstraat, Walmer, blomme verkoop het.

Die familie sê hulle was onder die indruk dat Tambuza by familie in Zwide gewoon het, maar toe hulle probeer uitvind, het hulle besef dat hy nié daar woon nie.

Die familie het in die area na hom gesoek, maar kon hom nie opspoor nie. Dis ook nie bekend wat hy ten tye van sy verdwyning aangehad het nie.

Kontak konst. Thembelw Mgushelo by 083 501 4181 indien jy enige inligting het.