‘n Man (26) is Sondagaand in hegtenis geneem op Mankazana-plaas op Balfour ná ‘n moordsaak geopen is.
Kapt. Siphokazi Mawisa, polisiewoordvoerder, sê die verdagte, wat in ‘n verhouding met die slagoffer was, het glo in ‘n stryery met die slagoffer betrokke geraak en haar met ‘n byl aangeval.
Sy is op die toneel dood.
Die polisie het op haar lyk afgekom toe hulle op die toneel aangekom het en die verdagte is in hegtenis geneem.
Hy het vandag in die Seymour-landdroshof verskyn.



