Die polisie sê die liggaam van die 89-jarige Thomas Glen Love is Saterdagmiddag om ongeveer 16:00 in sy huis gevind.
Love het steekwonde aan sy bolyf gehad.
“Die oorledene se huurder, wat in ‘n woonstel buite sy blyplek woon, het bekommerd geraak na sy Love Dinsdag laas gesien het. Sy het die polisie gekontak na sy deur ‘n venster geloer het en sy liggaam in die huis gesien het. Sy bolyf was in ‘n handdoek toegedraai en hy het twee steekwonde aan sy bolyf gehad.”
Volgens die ondersoek is die oorledene se beursie, sy skootrekenaar en sy televisiestel gesteel. Een van die kamers se vensters was gebreek, die kombuisdeur was nie gesluit nie en ‘n sleutel het aan die binnekant van die huis gehang.”
‘n Moordsaak en ‘n bykomende saak van huisroof is geopen.
Die polisie doen ‘n beroep op enigiemand wat inligting het in verband met die moord, om die ondersoekbeampte sers. Eljan Masimla by 042 281 7700 of 082 457 2961 te kontak.
Lees ook: Twee vas vir vermeende moord
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



