Polisie op soek na familie van man wat doodbrand

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie het ‘n saak geopen na die liggaam van ‘n man Sondag in Algoa Park gevind is.

Die polisie het om 07:00 Sondagoggend gereageer op ‘n klag dat ‘n brand by houers op die hoek van St Leonards- en Uitenhagestraat in Algoa Park uitgebreek het.

Toe die brand geblus is, is die liggaam van ‘n man in een van die houers gekry.

Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie en die polisie sê dit sal ondersoek word.

Enigiemand wat inligting het oor die man wat doodgebrand het of die polisie kan help om sy familie op te spoor, word gevra om die polisie by 041 409 1066 te kontak.

Lees ook: Twee vas vir vermeende moord

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.