Die polisie het Sondagoggend kort na middernag ‘n oproep ontvang oor ‘n liggaam wat in die straat in Valencia (Addo) lê.
Toe die polisie op die toneel aankom, het hulle op die lewelose liggaam van ‘n man, met twee steekwonde aan sy bolyf, afgekom.
Die man is as die 25-jarige Asekho Tsilito geïdentifiseer.
Die polisie het ‘n moordsaak geopen en die rede agter die moord word ondersoek.
Die polisie doen ‘n beroep op die publiek om met inligting oor die voorval na vore te kom wat kan lei tot die inhegtenisname van die verdagte. Kontak die polisie by 082 441 7906.
Lees ook: Twee vas vir vermeende moord
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



