Ondersoek gestaak – bloed in gastehuiskamer nié van Yolandi nie

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie het sy ondersoek na die bloed wat in ‘n gastehuiskamer gekry is, gestaak ná dit aan die lig gekom het die bloed nié dié van die vermoorde Yolandi Botes is nie.

Kapt. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media bevestig dat die uitslae van die bloedmonsters daarop dui dat die bloed wat in Mei vanjaar in die gastehuis gekry is, nie Botes s’n is nie.

Volgens die polisie behoort die bloed aan ‘n onbekende manspersoon.

Botes se liggaam is op 4 Mei gevind na sy op 26 April laas gesien en toe as vermis aangemeld is.