September 16, 2021

Daniëlskuil-egpaar aangerand: Man (78) sterf van skok

Daniëlskuil-egpaar aangerand: Man (78) sterf van skok

Daniëlskuil-egpaar aangerand: Man (78) sterf van skok

At van der Merwe, van Daniëlskuil in die Noord-Kaap, het vermoedelik verlede Vrydag tydens ‘n huisroof ‘n hartaanval gekry en is oorlede.

Volgens lt.-kol. Dimakatso Sello, polisiewoordvoerder, is die egpaar verlede Vrydagoggend om 04:00 aangeval. Die diewe het diefwering geknip om in die egpaar se huis te kon inkom.

Tydens die huisroof is At met ‘n gholfstok geslaan, terwyl sy vrou, Elize, se been gebreek is toe sy ook aangeval is.

Die egpaar was vir meer as 50 jaar getroud.

At het aan ‘n hartkwaal gely en het moontlik weens skok ‘n hartaanval gekry.

Die hele Daniëlskuil is in rou gedompel.

At se roudiens het vandag plaasgevind.

Die polisie doen ‘n beroep op die gemeenskap of enigiemand wat met inligting na vore kan kom, om konst. Elco du Plessis by 082 302 0380 te kontak.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *