Nuutste Covid-19-syfers in SA

Deel hierdie storie / Share this story

Nog 13 025 pasiënte het in die laaste 24 uur positief getoets vir Covid-19 en nog 248 mense het weens die virus gesterf.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes staan die land se dodetal tans op 71 679.

Minstens 2 435 036 persone het al positief in Suid-Afrika getoets.

Die aantal aktiewe gevalle in die land is tans meer as 155 000.