‘n Man van Amerika is in hegtenis geneem op aanklag daarvan dat hy sy gestremde vrou vir vyf dae lank in sy bakkie gelos het.
Toe die verpleegpersoneel die vrou uit die bakkie wou tel om haar hospitaal toe te neem, het haar vel al aan die sitplek vasgekleef.
Michael Redmon (51) het glo sy vrou, Sherrie Redmon (48), vir dood in sy bakkie buite hul huis agtergelaat.
Daily Mail berig Sherrie het kognitiewe uitdagings en kan nie loop nie.
Sherrie het glo op 12 Julie vir Michael gevra om haar hospitaal toe te neem, waarna hy haar in die bakkie gesit en haar daar gelos het.
Sy het glo herhaaldelik na hom geroep, maar hy het haar daar gelos.
Sherrie moes na vyf dae met ‘n mediese hyser uit die bakkie gehaal word en was deur haar eie uriene en ontlasting bedek.
Sherrie word tans in die hospitaal behandel en Michael is tans in die Franklin County-gevangenis.



