Swanger vrou (18) doodgeskiet

Deel hierdie storie / Share this story

KAAPSTAD. – ‘n Vrou (18), agt maande swanger, is die naweek in Delft doodgeskiet. Die ongebore baba het ook nie oorleef nie.

Swanger vrou doodgeskiet

“Saterdagaand om 19:40 is ‘n 18-jarige vrou in haar huis in N2 Gateway Delft doodgeskiet. Die omstandighede word ondersoek. Niemand is al in hegtenis geneem nie,” sê Andre Traut, polisiewoordvoerder, aan EWN News.

Daar word beweer ‘n verdagte het glo die oorledene se huis binnegegaan waarna hy haar in die kop geskiet het. Sy het in die badkamer ineengestort en is dood.

LEES OOK: Vrou gesoek na baba op Bellville-treinstasie gevind is

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.