Vrou vermoor glo kêrel na argument

Deel hierdie storie / Share this story

OOS-KAAP. – Die polisie het ‘n vrou (38) in hegtenis geneem nadat sy na bewering haar kêrel (42) na ‘n hewige argument vermoor het.

Sers. Majola Nkohli, polisiewoordvoerder, sê ‘n vrou en haar kêrel het glo op Saterdag 24 Julie 2021 omstreeks 21:30 buite hulle huis op Joubertina in ‘n bakleiery betrokke geraak. Daar wor beweer die kêrel het die vrou in die gesig geslaan.

Vrou vermoor glo man met mes

Daarna het die vrou die man na bewering in die bolyf met ‘n mes gesteek. Haar kêrel is op die toneel dood. Sy naam word weerhou totdat sy familie in kennis gestel is.

Die vrou is in hegtenis geneem en moet vandag in die landdroshof op Joubertina verskyn op aanklag van moord.

LEES OOK: Dokter bring nag in tronksel deur na hy aandklokreël oortree

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.