Jacob Zuma woon sy broer se begrafnis by

Zuma het slegs vandag toestemming om die gevangenis te verlaat.

Jacob Zuma woon sy broer se begrafnis by (Foto: The Independent)

Jacob Zuma woon sy broer se begrafnis by (Foto: The Independent)

Oudpres. Jacob Zuma het pas by sy huis in Nkandla aangekom om sy broer, Michael, se begrafnis later vandag te kan bywoon.

So het die departement van korrektiewe dienste Donderdagoggend bevestig.

Michael Zuma, Jacob se jonger broer, is op 11 Julie na ‘n langdurige siekte oorlede. Zuma is ludens ‘n verklaring van die departement deernisverlof toegestaan om die begrafnis by te woon.

Zuma het slegs vandag toestemming om die gevangenis te verlaat en hy is nie in tronkklere geklee nie.

Lees ook: Upington-inwoners bid saam teen Covid-19

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *