GAUTENG. – Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) het pas in ‘n verklaring bekendgemaak hulle word in Gauteng en KwaZulu-Natal ontplooi om die polisie te ondersteun.
Die aantal soldate wat ontplooi gaan word, sal bepaal word deur die erns van die situasie.
SANW na die provinsies ontplooi
“Die doel van die SANW is om veiligheid en ‘n veilige werksomgewing aan lede van die polisie en ander wetstoepassers te bied terwyl hulle hul grondwetlik verpligtinge uitvoer,” sê brigadier-generaal Mafi Mgobozi.
Die ontplooiing sal begin sodra alle prosesse voltooi en in plek is.
Lees die volledige verklaring van SANW hier:
LEES OOK: Groot winkelsentrum in Pietermaritzburg brand
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



