Deel van man se brein verwyder, voel nie meer vrees nie

Deel hierdie storie / Share this story

Jody Smith (32) het op die ouderdom van 28 ‘n breinoperasie ondergaan om ‘n deel van sy brein te verwyder sodat hy nie langer aan epileptiese aanvalle hoef te ly nie. Na sy groot operasie het hy tot die verbysterende besef gekom dat hy geen vrees meer voel nie.

Volgens Vice het Smith daagliks aan aanvalle van stres en trauma gely. Hy het gedink die oorsaak daarvan is die dood van sy pa en broer toe hy jonger was.

‘n Neuroloog het egter gevind dat Smith epileptiese aanvalle kry en ‘n manier moes gekry word om hom daarvan te genees.

Smith het eers ‘n prosedure ondergaan sodat dokters die plek waar die aanvalle vandaan kom, kon vasstel. Daarna het dokters voorgestel om ‘n gedeelte van sy brein te verwyder. Die gedeelte wat verwyder is, was vanuit die temporale lob, amigdala, en hippokampus.

Hy het ook ander probleme ervaar nadat ‘n deel van sy brein verwyder is

Smith verduidelik die gevoel wat hy tans ervaar in die plek van vrees is ‘n meer logiese weergawe. Hy is steeds bewus van gevaar en is steeds ‘n normale mens.

Smith beskryf homself as ‘n ywerige stapper.

“Die ervaring van vrees naby kranse is duidelik anders. Ek wil nog steeds nie val nie, en sal nog steeds gespanne voel as ek begin gly, maar ek voel nie meer die vrees daarvoor nie. Toe begin ek ‘n bietjie met my vrees eksperimenteer: deur doelbewus kranse toe te loop om te sien wat my instink sou sê,” het hy gesê.

Die uitkoms van die operasie was heeltemal onverwags vir dokters

“Ek het met my neurochirurg gesels oor hoe ek nie meer so bang is vir die dood nie. Hy het gesê ‘Jip, dis sinvol. Ek het jou amigdala uitgehaal. ‘”

Smith het ander newe-effekte van die operasie insluitend met sy geheue, maar hy sê hy is beter af na die operasie.

Lees ook: Bejaarde met alzheimers steeds vermis na hy apteek toe is