PRETORIA. – Die familie van ‘n bejaarde met alzheimers, John Rodda (82), is rasend van bekommernis nadat hy by die hek van die aftreeoord uitgery het en nog nie weer teruggekeer het nie.
Rodda is laas op 8 Mei 2021 gesien toe hy in sy wit Nissan Tilda by die hek van die die aftreeoord waar hy en sy vrou bly, Wilgers-aftreeoord, uitgery het. Hy het nie weer na sy tuiste teruggekeer nie.
Bejaarde met alzheimers mag nie bestuur nie
Hy was glo op pad na ‘n apteek toe hy verdwyn het. Die registrasienommer van sy voertuig is CZ25YN GP. Sy dogter het aan Pretoria FM gesê weens sy siekte mag haar pa al vir ‘n geruime tyd nie meer bestuur nie. Rodda het alzheimers en het ‘n kortbroek en ‘n strepieshemp het ten tye van sy verdwyning aangehad.

LEES OOK: Baba in hospitaal na hy aan tandesny-biltong verstik
LEES OOK: Seun spring by skoolbusvenster uit toe boelies hom na bewering teiken
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



