Dit is vreeslik aangenaam om tuis te kom en te weet jou troeteldier sien al die hele dag lank uit daarna om jou te sien. Deur die inperkingstyd was troeteldiere al wat sommige mense gehad het om hulle geselskap te hou. Hier is ‘n paar foto’s van bekendes en hul troeteldiere om jou dag op te kikker.
Bernice West, die Suid-Afrikaanse sangeres, sê sy verlang baie na haar hond Leo as sy op die pad is.

Jennifer Aniston, die baie gewilde aktrise, het onderaan hierdie foto van haar en haar hond Clyde geskryf: “‘n Meisie se beste vriend.”

Die Suid-Afrikaanse sanger Jo Black het hierdie hartroerende foto van hom en sy uitgegroeide Duitse herdershond gedeel. Onderaan het hy geskryf: “Steeds my baba.”

Jonathan, ook bekend as Radioraps, het die volgende foto’s van sy twee varkhonde op sy profiel gedeel.


Bekendes spog met foto’s van hulself en hul troeteldiere
Willem Botha het hierdie foto van homself en sy hond gedeel en gesê hy is vroeg in sy slaapklere.

Zak Hendrikz het hierdie foto van hom en sy geliefde donkie gedeel.

Bobby van Jaarsveld het dié foto van hom en Oreo gedeel en gesê dis hulle kyk as iemand weer vir hom sê hy raak oud.

Lees ook: Sal jy jou kind kan tuisonderrig gee?



