Oudpresident Jacob Zuma het hom nie teen Sondagaand aan die polisie oorhandig nie en volgens die konstitusionele hof het die polisie tot Woensdag om middernag om hom in hegtenis te neem.
Zuma het egter intussen ‘n dringende versoek tot die hof gerig dat die hof se lasbrief tersyde gestel word.
As Zuma nié in hegtenis geneem word nie, kan polisieminister Bheki Cele ‘n klag van minagting van die hof in die gesig staar.
“Die minister van polisie, Bheki Cele, moet ophou verskonings soek en sy werk doen en seker maak dat voormalige president Jacob Zuma gearresteer word. Zuma is nie verhewe bo die wet nie en kan nie anders behandel word nie.” So lui ‘n verklaring van die Vryheidsfront Plus.
Groot groepe mense het sedert verlede Woensdagoggend by Nkandla saamgedrom om hulle ondersteuning te bied aan Zuma. ‘n Joernalis is tydens die samedromming aangerand. Lees hier meer daaroor: Joernalis by Nkandla aangerand, verwurg
Dink jy oudpresident Zuma gaan in hegtenis geneem word?
Lees ook: ‘Ek is nie ‘n vyand van die gereg nie,’ sê Zuma
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



