Die ma van ‘n sewe maande oue babaseuntjie erken sy het haar baba meer as enigiets in die wêreld lief, maar sy hou glad nie van die manier hoe haar lewe verander het vandat sy ‘n ma geword het nie. Sy erken selfs as sy die tyd kon terugdraai en keer dat sy swanger word, sou sy.
Die ma skryf op ‘n mammablad, Mumsnet, sy is spyt sy het ‘n baba en deel die waarskuwing aan enigiemand wat dit oorweeg om ‘n kind te hê. “Dit het my liggaamlike en geestelike gesondheid absoluut vernietig, en dit is vir my onmoontlik om ‘n tyd voor te stel wanneer ek ooit weer gelukkig sal wees.”
Ma erken sy sal die tyd wil terugdraai
Sy beskryf haar gevoelens deur te sê indien sy ‘n knoppie kon druk en teruggaan na ‘n tyd wanneer sy nie haar seun geken het nie, sou sy dit sonder enige twyfel doen. Sy vertel hoe sy eens ‘n vrolike en prettige lewe gehad het met vele stokperdjies.
Ouers op die blad het haar advies en aanmoediging gegee. Baie het haar vertel dat dinge wel makliker gaan raak, alhoewel die eerste paar jaar moeilik is. Party ouers op die blad het haar gevra of sy ‘n goeie ondersteuningsnetwerk by die huis het. Sy het aan hulle verduidelik haar man is wonderlik en doen veel meer as wat van hom verwag word.
Nageboortedepressie
Ander het die ma aangeraai om professionele hulp te kry, aangesien sy moontlik aan nageboortedepressie ly.
Nageboortedepressie is die naam wat gegee word aan depressie wat tussen een maand en een jaar na die geboorte van ‘n baba ontwikkel. Alle ouers gaan deur ‘n tydperk van aanpassing terwyl hulle probeer om die groot veranderinge wat ‘n baba meebring, te hanteer. Vir die meeste mense sal hierdie tyd van aanpassing tydelik wees en hulle nie te benoud maak nie. Wanneer hierdie gevoelens langer duur en erger word, kan dit ‘n teken van depressie wees.
LEES OOK: Veloorplanting vir 7 maande oue baba na fratsongeluk met haardroër
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



