SLOWAKYE. – ‘n Prototipe van ‘n vlieënde motor het ‘n toetsvlug voltooi. Dit was 35 minute in die lug toe dit tussen twee stede gevlieg het.
Volgens CNN word die AirCar Prototipe een aangedryf deur ‘n BMW-enjin van 160 perdekrag. Dit neem die voertuig drie minute om te verander vanaf ‘n vlieende na ‘n doodgewone motor. Die motor het alreeds meer as 2 400 meter hoog gevlieg teen 190 km per uur.
Die voertuig is as ‘n gewone motor na die middestad van Bratislava bestuur nadat dit as ‘n vlieënde motor die toetsvlug vanaf Nitra voltooi het.
Die maatskappy Klein Vision beplan om verskillende weergawes van die vlieënde motor te vervaardig, insluitende ‘n viersitplek een.
Meer en meer maatskappye kyk na die vervaardiging van vlieënde motors met die oog op die toekoms. Anton Zajac, een van Klein Vision se stigters, het op ‘n perskonferensie gesê AirCar maak wetenskapfiksie ‘n werklikheid.
Lees ook: Pastoor en ouma in hegtenis vir gereëlde huwelik van 15-jarige
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



