KAAPSTAD. – Shaunie Pretorius (12) is in Julie 2020 met breinstamglioom, ’n seldsame, aggressiewe, terminale breinkanker, gediagnoseer. Shaunie het die 2de Julie 2021, ‘n jaar na sy diagnose, sy stryd teen die kanker verloor.
Volgens BackaBuddy het Shaunie aan die begin van Suid-Afrika se inperking aan moegheid en konstante braking gely. Die familie het eers vermoed dis stres oor skool.
Al het hulle talle dokters besoek, het die situasie vererger. Die antibiotika wat vir hom voorgeskryf was, het nie gewerk nie en hy het gesukkel om te sien, te beweeg en ook te kommunikeer.
Om die oorsaak van Shaunie se vinnige agteruitgang te bepaal, is hy vir ‘n CT-skandering na die Linmed-hospitaal in Johannesburg geneem.
Dis toe vasgestel dat Shaunie die seldsame breinkanker het. Sy ouers is meegedeel hy het nege maande oor om te leef.
Dokters kon nie op Shaunie opereer nie en daarom moes hy 12 aggressiewe bestralingsessies kry om sy gewas te laat krimp en sy pyn te verlig.
Shaunie is nooit oor sy kanker ingelig nie
Shaunie was nie bewus sy gewas is kanker nie, hy het net geweet hy is siek. Aangesien daar geen geneesmiddel vir Shaunie se toestand was nie, is hy simptomaties behandel met cannabis-olie en steroïede om die swelling in sy brein te help en sy eetlus te verhoog.
Aangesien slegs 1% van die kinders wat gediagnoseer word met breinstamglioom tot vyf jaar leef, was die Pretorius-gesin daarop ingestel om Shaunie so gesond, so pynloos en gemaklik as moontlik te hou. Hulle wou hê hy moes die tyd wat hy het saam met sy gesin oor gehad het, geniet.
Shaunie se droom om ‘n Playstation 5 te kry, is bewaarheid deur sy pa wat ‘n befondsingsveldtog op Backabuddy begin het. Met baie ondersteuning is daar R24 000 vir Shaunie se droom ingesamel. Baie van sy mediese kostes is ook deur die befondsingsveldtog gedek.
Shaunie, met breinstamglioom, het in sy pa se arms gesterf
Hierdie boodskap is na sy afsterwe op Shaunie se Facebook-groep geplaas: “Dit is met verwoestende hartseer waarmee ons jou inlig dat Shaunie in sy pa se arms afgesterf het, ‘n jaar nadat hy met breinstamglioom gediagnoseer is. Die familie se harte is gebreek en ons vra dat julle hulle in jul gebede sal hou. Shaunie was ‘n held, hy het deur dit alles gegaan en sal vir ewig as jonk ontdou word. Hy was ‘n slim, goedhartige en liefdevolle kind wat geluk vir almal om hom gebring het.”
Lees die vorige storie oor Shaunie hier: Hoe sê ons vir Shaunie hy is besig om dood te gaan?



