‘n Nuwe studie lewer bewys dat mense met sekere bloedgroepe meer geneig daartoe is om Covid-19 op te doen. Dit is bevind die nuwe koronavirus (SARS-CoV-2) is veral aangetrokke tot die bloedgroep A-antigeen. Die A-antigeen kom in respiratoriese selle voor.
Volgens WebMD het die navorsing gefokus op die proteien wat op die oppervlak van die SARS-CoV-2-virus voorkom. Die proteïen word die reseptorbindingsdomein (RBD) genoem. Hierdie is die gedeelte wat die virus aan die gasheer se selle heg. Wetenskaplikes bestudeer hierdie gedeelte sodat hulle meer kan weet oor hoe mense met die virus besmet word.
In hierdie studie het wetenskaplikes opgelet na watse reaksie die virus se RBD het teenoor die respiratoriese en rooibloedselle in A-, B- en O-bloedgroepe.
Deur te weet watter bloedgroepe geneig is om Covid-19 te kry, kan ons nuwe medisyne vind
Die resultate het getoon dat die virus se RBD ‘n voorkeur gehad het om aan bloedgroep A, wat op respiratoriese selle voorkom, te heg. Dit het egter geen voorkeur gehad vir bloedgroep A-rooibloedselle nie. Ook geen ander voorkeur vir ander bloedgroepe wat op respiratoriese of rooi selle voorkom nie.
SARS-CoV-2 RBD se voorkeur om aan die bloedgroep A-antigeen te heg, wat in die longe van mense met die bloedgroep A voorkom, gee meer inrsig oor die verband tussen Covid-19-infeksies en die A-bloedgroep.
“Bloedgroepe is ‘n uitdaging omdat dit geërf word en nie iets is wat ons kan verander nie. As ons beter kan verstaan hoe die virus met bloedgroepe in mense in wisselwerking tree, kan ons dalk nuwe medisyne of voorkomingsmetodes vind,” het die studie-outeur dr. Sean Stowell van die Brigham and Women’s Hospital in Boston gesê.
Hierdie bevindings kan nie volledig beskryf of voorspel hoe koronavirusse pasiënte van verskillende bloedgroepe sal beïnvloed nie, het die navorsers beklemtoon.



