Man borg geweier na ma dood op kombuisvloer gevind is

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. ‘n Man (38) is deur die polisie in Umbilo gevind en borg geweier nadat sy ma, Ormilla Samdath (62), met steekwonde en beserings aan haar kop en gesig op die vloer van haar kombuis gevind is.

Die verdagte is borgtog geweier en sal in aanhouding bly tot sy volgende hofverskyning op 12 Julie 2021. FiNDiT het berig daar word beweer die man en sy ma het glo ‘n woordewisseling gehad voordat hy in haar voertuig weggejaag het. Lede van RUSA het deur die venster van die woning gekyk en glo bloed op die vloer van die kombuis gesien.

Nadat hulle toegang tot die huis gekry het, is Ormilla se liggaam op die kombuisvloer gevind. Sy het verskeie steekwonde en beserings aan haar kop en gesig gehad.

LEES OOK: Man gesoek na ma dood met ses steekwonde gevind word

Hou FiND iT dop vir die nuutste nuus.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.