12-Jarige wat aan inentingsproewe deelneem in rolstoel

Deel hierdie storie / Share this story

Maddie de Garay (12) se ouers is pro-inenting. Hulle glo in medici, is nie vreemde samesweringsaktiviste nie. Hulle wou net “die regte ding doen” en so ook Maddie.

Sy wou deur haar deelname aan die mediese Covid-19 inentingsproewe ander help.

Stephanie de Garay, Maddie se ma, praat ‘n week terug huilend op ‘ n perskonferensie van senator Ron Johnson, wie ‘n perskonferensie met vyf gesinne wat nadelige gevolge van die Covid-19 inenting ervaar het, gehou het.

Ná die konferensie is Johnson deur medici gekap, omdat “ernstige newe-effekte van die entstowwe uiters skaars is.” Dr. Madelaine Tully van Milwaukee sê die kans om van Covid-19 te sterf is baie, baie groter as die kans op newe-effekte van die entstof.

Tog vertel Maddie se storie ‘n ander kant, wat deesdae van sosialemediaplatforms af verwyder word. Die video waarin Maddie se ma praat, is reeds vanaf Twitter verwyder.

Johnson sê mense moet die voor- en nadele besef voordat hulle ‘n besluit maak oor die inenting.

Kyk hier na die video waarin Stephanie oor haar dogter praat:

Stephanie sê haar dogter was gesond voordat sy die inenting gekry het, maar is amper dood nadat sy aan die Pfizer-inenting se mediese proewe deelgeneem het.

Sy sê dokters het vir haar gesê dit kan nie as gevolg van die inenting wees nie. “Hulle sê dis ‘n omskakelingsversteuring of ‘n funksionele neurologiese simptoomversteuring en dat dit deur angs veroorsaak is. Snaaks genoeg het Maddie nie angs gehad voor die inenting nie.”

De Garay verduidelik Maddie het na die tweede dosis van die inenting ernstige maagkrampe en borspyne ontwikkel. Maddie het aan haar gesê dit voel of haar hart deur haar nek uitgeruk word. Sy het ook verder addisionele simptome soos gastroparese, naarheid, braking, wisselvallige bloeddruk en hartklop, asook geheueverlies ontwikkel.

Maddie kan nie kos verteer nie. Sy het ‘n pypie waardeur sy gevoer word. Sy kon vir ‘n tyd lank nie loop nie, toe kon sy weer loop. Sy is tans weer terug in ‘n rolstoel en kan nie haar nek regop hou nie.

Sy vertel ook haar storie op haar eie Facebook-profiel.

Medici het die perskonferensie veroordeel en gesê dit saai paniek.

Sen. Johnson het briewe aan die uitvoerende hoofde van Pfizer en Moderna gestuur om antwoorde te soek oornadelige reaksies op die Covid-19 entstof, na aanleiding van vyf mense wie op die konferensie van hulle pad met nagevolge gedeel het.

*Disclaimer: According to the South African Press Code, the media’s work is guided at all times by the public interest, understood to describe information of legitimate interest or importance to citizens. Opinions expressed through articles are that of the subjects in the articles and are by no means the opinion of any of FiND iT’s writers or its affiliates.