Anti-entstof advertensie verwyder van Kaapstad-snelweg

Deel hierdie storie / Share this story

KAAPSTAD. – Die anti-entstof advertensie in Beach Road Maitland met die woorde “In Gates you trust?! In God we trust. No ‘vaccine’ for us” is deur ‘n maatskappy wat persoonlike beskermende toerusting (PPE) vervaardig, opgerig en weer verwyder.

Volgens IOL is die maatskappy San-I-tize verantwoordelik vir die advertensie. Volgens hul webtuiste is die maatskappy verantwoordelik vir die invoer en verspreiding van mediese- en noodvoorrade aan hospitale en ander instansies.

Die anti-entstof advertensie is nie wettiglik opgerig nie

Marian Nieuwoudt, Mayco-lid vir ruimtelike beplanning en omgewing van die Kaapstad-metro, het bevestig dat die advertensie verwyder is. Die eienaar van San-I-tize het ‘n skulderkenningsboete betaal, aangesien hy nie aansoek gedoen het om magtiging vir die oprigting van die advertensiebord nie.

Alan Winde, premier van die Wes-Kaap, sê hulle is bewus van die feit dat die entstof ‘n persoonlike keuse is. Tog moedig hulle almal aan om hulle te laat inent vir beskerming teen die virus en selfs die dood.

Lees ook: Gesin van vier doodgebrand in Bfn-huis

“Ons moedig inwoners ook aan om akkurate inligting op ons webwerf te kry. Ons moet toesien dat ons ingelig is en ons betroubare bronne raadpleeg. Vals nuus moenie verdra of versprei word nie. Elkeen van ons het ‘n plig in hierdie verband.”

Verder sê hy die entstof is plaaslik en internasionaal getoets en is veilg.

Debbie Els van die Stop Farm Murders Movement en ‘n anti-Covid-entstofveldtog het die regering gister daarvan beskuldig dat hulle mense van die waarheid weerhou het.

Sy sê die maatskappy het die reg om ‘n anti-entstof advertensie op te rig, want dit is ware vryheid van spraak en ‘n keuse. “Die regering wil die waarheid sensor. Die DA dryf ook hierdie New World Order (NWO) -agenda.

Lees ook: Om in te ent of nie in te ent nie