Die Bill en Melinda Gates-stigting druk nou vir ’n entstof vir die Korona-virus voor die einde van 2020.
Baie mense wat teen inentings is en voel dis jou mensereg om self te besluit, is ontsteld oor dié aankondiging.
Gates se twee stigtings het altesaam $750 000 vir die verspreiding van ‘n entstof beskikbaar gestel, berig die BBC.
Cheryl K. Chumley, opinie-skrywer van die Washington Post, vra die vraag op Twitter oor hoe ‘n entstof voor die einde van die jaar beskikbaar gestel kan word, waar wetenskaplikes en regeringsriglyne voorskryf ‘n entstof neem 15 jaar om veilig en effektief getoets te word.
Bill Gates skryf in sy blog ’n entstof neem gewoonlik vyf jaar om te maak en te toets, maar hy beplan om elke mens “op die planeet” in te ent – en dit moet vinnig gebeur!
Cheryl K. Chumley: “Science, long-standing medical practice and government policy dictate a vaccine — any vaccine — takes between 10 and 15 years to develop for safe, effective consumer use.” @ckchumley #washtimesopedhttps://t.co/7DwXwNWCCw
— WashTimesOpinion (@WashTimesOpEd) June 3, 2020
Gates kry geweldige teenstand vanaf alle oorde oor sy planne om, tesame met AstraZeneca, ’n farmaseutiese maatskappy in Engeland, meer as 300 miljoen dosisse van die moontlike entstof beskikbaar te stel. Hy sê die entstof moet eerstens in armer lande getoets word, omdat die mense daar “sieker raak”. Dit sal verskeie Afrika-lande insluit.
Ian R Crane skryf op Twitter Gates is besig met ’n volksmoord-program, wat insluit om mense regoor die wêreld met die entstof in te spuit.
Gates self erken in sy blog dat die entstof dalk nie perfek sal wees nie – “maar dis okei”. Hy sê slegs ’n entstof sal die koronavirus-epidemie stop en dat hulle nog nooit vantevore ’n entstof aan elke uithoek van die aarde beskikbaar gestel het nie. Dit gaan ’n eerste wees.
Daar is ook sprake van dat sosiale mediamaatskappy, soos Facebook, alle inskrywings wat teen ‘n entstof gemik is, afgehaal sal word. Gesondheidsekretaris van Amerika, Matt Hancock, wil dié maatskappye dwing om sulke inskrywings af te haal.
Lees FiND iT se vorige berig oor hoe president Donald Trump en dr. Anthony Fauci, Amerika se top-kenner van aansteeklike siektes, koppe gestamp het.



