AMERIKA. – Dr. Anthony Fauci, Amerika se top-kenner van aansteeklike siektes, wil hê pres. Donald Trump moet skole gesluit hou totdat ‘n entstof teen die koronavirus beskikbaar gestel is.
Trump wil die ekonomie en skole heropen, en het gister gesê die virus is nie ‘n aanvaarbare rede om die skole gesluit te hou nie. Trump het ook voorheen gesê die virus sal weggaan sonder inentings.
Fauci, van wie gesê word dat hy ‘n pion vir die Bill Gates Stigting is wat poog om entstowwe te vind, het gewaarsku dat kinders nie gevrywaar is teen die virus nie. Hy het glo in ‘n CNN-onderhoud gesê Amerikaners kan dalk later “sertifikate van immuniteit” dra.
Talle mense het op Twitter hul misnoeë met Fauci oor sy standpunt uitgespreek.
Jamey McMahan, ‘n sokker-afrigter, het getweet dat die virus sedert Januarie, Februarie en die grootste deel van Maart ongehinderd versprei het – sonder dat iemand toe ‘n kwessie daarvan gemaak het. “Toe vat Fauci die gaping vir persoonlike geldelike gewin. Nou word ons permanent ingegrendel en hy wil hê die skole moet vir ewig gesluit bly.”
Fauci het benadruk die feit dat relatief min kinders die virus opdoen, nie beteken dat hulle immuun daarteen is nie.
Trump hou egter vol dat die virus eerder volwassenes en bejaardes aantas. “Kyk maar na die statistieke oor jong kinders – dit is nogal merkwaardig.”
Die president het verlede maand opspraak verwek to hy ‘n tweet aangestuur het, genaamd #FireFauci, ná berigte dat hy gesloer het met maatreëls om die virus mee te bestry.
Hy het onder meer die gevare vir kinders wat na skole terugkeer só geminimaliseer: “Wanneer een kind uit ‘n miljoen, of uit ‘n halfmiljoen, met die virus besmet word, gaan iets gebeur? Miskien. Maar daar kan ook slegte dinge gebeur wanneer jy skooltoe ry.”
Intussen het die Washington Post die uitslag van ‘n opname gepubliseer waaruit dit blyk dat die meerderheid van Amerikaners Fauci hierin steun.
Bron: Die New York Times



